Daar Doer in Die Fliek 9781485304425

daar_doer_in_die_fliek
380,00 NAD each

Daar Doer in Die Fliek

Leon van Nierop

ISBN 9781485304425

Protea Boekhuis, Feb 2016

Daar doer in die fliek sluit aan by die televisiereeks met dieselfde naam wat op kykNet uitgesaai is. Die omvangryke boek gee 'n oorsig oor die ontwikkeling van Afrikaanse rolprente vanaf die heel vroegste stilprente tot en met die heel nuutste rolprente van ons tyd. Die geskiedenis begin met die dokumentere films wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is en die epiese De Voortrekkers uit die tyd van die stilprente. Daarna word gedetailleerde aandag aan elke dekade van die 20ste eeu gegee met belangrike figure soos Pierre de Wet, Jamie Uys, Emil Nofal Jans Rautenbach, Katinka Heyns, Leon Schuster en Dirk de Villiers. Die titel is ontleen aan Jamie Uys se baanbreker-rolprent van 1951, Daar doer in die bosveld, wat die begin was van Uys se hoogs suksesvolle loopbaan met rolprente soos Lord oom Piet en die internasionale treffer The gods must be crazy. Van Nierop kon gebruik maak van skaars rolprente in KykNet se videoteek en in die Nasionale filmargief. Talle onderhoude met akteurs, regisseurs en vervaardigers gee eerstehandse inligting oor die vervaardiging van bekende en suksesvolle rolprente. Alhoewel die klem op Afrikaanse rolprente val, word ook na baanbreker-rolprente in Engels en die inheemse tale verwys. Ten slotte word besondere aandag gegee aan die opbloei van die Afrikaanse rolprente in die eerste twee dekades van die 21ste eeu, waardeur talentvolle mense die geleentheid kry om aan hul drome uiting te gee. Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustriee in die wereld. Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentkuns word met 'n groot aantal fotos geillustreer.