Padhaikoes uit Namibië 9789994572588

padhaikoes
150,00 NAD each

Padhaikoes uit Namibië

Henriëtte van Wyk

ISBN 9789994572588

Wordweaver Publishing House, July 2016

Hierdie bundel, waarin Henriëtte haikoes en gedigte uit haar vorige bundels in 'n nuwe verwerking aan die leser voostel, is geïnspireer deur die Namibiese landskap en mense soos sy hulle in talle reise deur die land ervaar het.

Henriëtte neem skerp waar en teken met vaste penstrepe. Sy neem die lesers op 'n woordreis waarin hulle toe-oë die landskap kan ruik, proe en sien. Maar dis ook 'n geestelike reis waarin menige leser saam sal kan delf in diep menswees.