Die Vloek uit die Ooste
Nato Barnard
9789994582099
Wordweaver Publishing House
Vir Gert Steyn en Gideon Meyer gaan dit maar swaar. Toe kry hulle ‘n ou kaart in die hande, ‘n kaart wat vertel van 'n verborge skat êrens in die bosse van die noordooste van Namibië. Hulle is oortuig dis nie net nog ‘n dronkstorie nie, oortuig daar is werklik ‘n fabelagtige skat wat eens behoort het aan ‘n eksentrieke keiser, ‘n skat wat bestaan uit die kosbare juwele wat hy oral met hom saamgeneem het uit vrees dat dit gesteel sou word.
Soos dit moet in ‘n avontuur-riller is daar grypsug, intrige, passie en moord, en selfs ‘n pragtige prinses tree op die voorgrond.