NIE MEER BESKIKBAAR NIE (OUT OF PRINT)
Beknopte Geskiedenis van die Rehoboth Basters tot 1990
Rudolf G.Britz, Hartmunt Lang, Cornelia Limpricht
ISBN 9789991674704
Klaus Hess Verlag, 1999
In 1870 het 'n groep Basters huleself in die middel van die destyne Suidwes-Afrika in Rehoboth en omgewing, later die Rehoboth-Gebiet genoem, gevestig. Gelei deur Hermanus van Wyk en vergesel deur die Duitse sendeling Heidmann, het hule twee jaar lank noord-waards uit Suid-Afrikaanse Kaapkolonie getrek. Sederdien beskou hulle hulself as 'n onafhanklike etniese group, die Rehoboth Basters.
Hulle geskiedenis word gekenmerk deur hoogte- en laagpunte: Hulle het hulle eie wette gesproklameer, hulle sefregering gehandhaaf en was ook in veldslae met die onderskeie koloniale magte betrokke (Sam-Kubis in 1915 en die Rehoboth Rebellie in 1925), vir die behoud van hule outonomie. Selfs gedurende die Apartheidsjare in Namibie, toe hulle bygedra het tot die ontwikkeling van politieke partye, het hulle regsbevoegdheid vir hulle eie sake in "Gebiet" behou. Slegs in 1990 met Namibie se onafhankikheid het hulle hierdie status uiteindelik verloor.
Hierdie boek is die eerste samehangende historiese beskryfwing van die Rehoboth Basters tot 1990. Medeskrywer, Rudolf G.Britz (gebore 1931); 'n skoolinspekteur en onderwyser, is self 'n Rehobother. Hartmut Lang (gebore 1943) is 'n lektor met kwalifikasies in etnologie, en Corneila Limpricht (gebore 1957) is 'n doktor in kunsgeskiesdenis. Beide woon in Keulen (Duitsland), en werk sedert jare oor Rehoboth.