Waar ver winde waai 9781869191733

preview_rbkn-130-ga60_1_front_1869191730
150,00 NAD each

Waar ver winde waai

By P.J. Schoeman

ISBN 9781869191733

Protea Boekhuis, 2007

Dit is die hemelgod, Xamab, se voorvinger wat vir ons wys om om te draai. ”Miskien moes Johan en Bulman na Kalimbo se profetiese woorde geluister het voordat hulle Kowares saam met hul Amerikaanse vriende aangedurf het. Vandat Jack, ’n fotograaf, en sy geselskap op Kowares aankom, tref die een ongeluk na die ander die groep. Gelukkig is Johan en Bulman ervare jagters en natuurkenners en kan hulle op die spoorsnyer, Kalimbo, se fyn gehoor en kennis van die veld en diere staatmaak.

Maar is dit genoeg om hulle teen die ongenaakbare Afrika te beskerm? Boonop is die pragtige Penny, Jack se dogter, in ’n baie moeilike situasie. Want hoe verduidelik sy aan Bulman dat haar hart aan Johan behoort? En sal Johan ooit sy swerwershart ten volle vir haar oopmaak? Waar ver winde waai vertel die verhaal van ’n klein groepie mense wat deur hul ontmoeting met mekaar vir ’n kort rukkie van die groot eensaamheid kan ontsnap, maar uiteindelik leer dat Afrika altyd die laaste se het.