Wilhelmina - Kampkind op Java 9781869191627

preview_kjbp-247-g670_1_front_1869191625
180,00 NAD each

Wilhelmina - Kampkind op Java

By Mariël Le Roux

ISBN 9781869191627

Protea Boekhuis, 2007

Weens die resessie in Nederland word Will se vader gedwing om as skeepsbouer in Roemenie te gaan werk. Toe die oorlog uitbreek, moet die gesin vlug en so beland hulle in Soerabaja op die eiland Java in Indonesie. Aanvanklik is hulle betreklik veilig, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vrouens in konsentrasiekampe opgeneem.

Hier beleef hulle bykans ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlandse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is. Die Van Halewijns oorleef die kampe en ook die Indonesiese burgeroorlog wat net na die oorlog uitbreek. Aanpassing na die oorlog is egter baie moeilik en die gesin emigreer uiteindelik na Suid-Afrika, waar Will haar ervarings aan die skryfster toevertrou het. Mariel le Roux het daarvan ’n meesleurende verhaal gemaak: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat ’n mens jou daarin kan inleef.